top of page

Ons Skool

By MENLOPRET maak ons gebruik van hoogs gekwalifiseerde personeel wat daarna streef om u kind optimaal te ontwikkel, te laat groei en ten alle tye te ondersteun sodat hulle fisies en emosioneel sterk en gesond is.

Ons is trots daarop om geassosieer te word met Laerskool Menlopark. Ter voorbereiding van ons kleuters vir Gr. 0, werk ons baie nou saam met die laerskool en komplimenteer ons mekaar se kurrikulum.

Visie

By MENLOPRET streef ons daarna om Christelike gebaseerde onderrig te doen ten alle tye.
Ons glo dat dit ons taak is om elke kleuter se drome en ideale te help verwesenlik.

Missie

Ons streef daarna om:
- Elke kleuter as 'n individu te hanteer 
- Om gelukkige gebalanseerde kleuters te kweek 
- Om elke kleuter optimaal te ontwikkel 
- Om 'n gesonde vennootskap te vorm tussen ouer en opvoeders

Fasiliteite

- Netjiese, skoon terrein 
- Goed ingerigte klaskamers 
- Individuele aandag 
- Ouderdom georïenteerde speelterrein 
- Goeie sekuriteit 
- Opvoedkundige apparaat 
- Sensoriese tuin 
- Beperkte getalle

Buitemuurs

- Gimnastiek 
- Semas 
- Playball 
- Ballet 
- Rekenaars

bottom of page